Chilli Chocolate Testimonials

 

Read what our clients say


" Mens trou net een keer, en as die dag aanbreek het almal raad: bly net kalm en geniet elke oomblik van die dag, is die mees algemeenste raad. Hoe bly mens kalm as daar so baie is om te reel? Die perfekte venue, blomme, tafelplanne, jou rok, die gevolg se klere, as jou man enigsins soos myne is, sy klere, die dominee en dan het almal in die familie 'n eiertjie te le oor jou gastelys... Elke bruid gaan daardeur, en die mense is reg. Jy moet net kalm bly en elke oomblik geniet.

Ek was so gelukkig om die perfekte venue te kry en daarby my engel, Lea. Sy het my kalmte gegee oor alles. Niks was ooit 'n te groot probleem nie en alles was altyd moontlik. Van 'n repitiesie ete die vorige aand tot my help om by trappe op te loop om by 'n ander deur in die kapel in te loop in my trourok, Lea was daar om alles te oorsien en vlot te laat verloop. Te danke aan haar profesionele betrokkenheid was ons troue 'n yslike sukses. Sy het al my drome tot in die feinste detail laat realiseer. Na die troue het ek eers gehoor dat daar wel hier en daar 'n hakplek was, maar voor ek kon hoor daarvan was dit reeds uitgesorteer. Dit was soos almal altyd gese het, die perfekte dag.

Lea is nie net 'n trou koordineerder nie, maar sy het 'n vriendin geword in die jaar wat ons saam aan my troue gewerk het. Ek wens haar alle sukses toe met haar nuwe besigheid en beveel haar aan vir enige funksie, klein of groot.

Lizanne Visser"

 

*****************************************

 

I came to Lea with a little idea and she transformed it into a big reality! I dreamt of having a function to promote a local artist and at her suggestion we linked it to a charity and donated all proceeds to them.

 

Lea was an inspiration to me from the moment we met. She sourced the venue, decor etc. and all the time coming up with new, fresh and brilliant ideas, keeping the bigger picture in mind. She made sure that no detail was missed, from the marketing of the event to the dessert.

 

Lea even helped to secure sponsers in order to make the function affordable and came up many good ideas to generate extra funds on the day.

 

With her professionalism and eye for detail she saw to a highly successfull and smooth running function. The compliments rolled in.

 

Many thanks Lea – you are a star!!

 

*****************************************